• 3
  • 2
  • 2
  • 149 m2

Monthly Costs

Monthly Bond Repayment ZAR .

Calculated over years at % with no deposit. Change Assumptions

Affordability Calculator | Bond Costs Calculator | Bond Repayment Calculator | Apply for a Bond

Bond Calculator

R
R
%
years
R


BetterBond

Disclaimer: The estimates contained on this webpage are provided for general information purposes and should be used as a guide only. While every effort is made to ensure the accuracy of the calculator, RE/MAX of Southern Africa cannot be held liable for any loss or damage arising directly or indirectly from the use of this calculator, including any incorrect information generated by this calculator, and/or arising pursuant to your reliance on such information.

Mun. Rates & Taxes: ZAR 1300.00

Monthly Levy: ZAR 3800.00

Property description

Drie slaapkamer, 2 badkamer, dubbel motorhuis te koop in die pragtige Bougainvilla aftree oord in Montana Tuine

Hoekom ek Bougainvilla Aftree-oord gekies het.

Afgetree en nou??

Ons kan en wil nie altyd koskook nie!! Ons wil,veilig voel en leef.
Ons wil hê ons kinders moet nie bekommerd wees oor ons nie. Ons wil nie
permanent self gras sny, self wasgoed was en stryk nie.
Ons
wil mediese dienste naby beskikbaar hê. Winkelsentrums naby. ‘n Relatief
veilige omgewing en ‘n gematigde klimaat.
 

Toe begin die soektog na ‘n aftree-oord. Somerset-Wes, Strand, Krugersdorp,
Johannesburg, Hartebeespoortdam, Centurion, Roodepoort, Pretoria. Nader aan
kinders en ‘n internasionale lughawe sou ons besluit ook beïnvloed.
 

 Sommige aftree-oorde was te “volksvreemd” vir ons, ander was te duur, te luuks of te
goedkoop, swak onderhou. Sommiges was mooi geleë met uitsig en ander plat en
gelyk. Daar was oorde met ‘n Gym, ‘n binnenshuise verwarmde swembad, ‘n
buitelug swembad, rolbalbaan, speelparkie vir die kleinkinders, snoekerkamers, gemeenskapsale
met gemakstoele en baie ander luukshede. Oorde waar jy lewensreg koop en by
afsterwe is daar niks, of net die oorspronlik betaalde bedrag vir die kinders.
Dan was daar die deeltitel skemas waar volle bedrag van verkope min ‘n
persentasie (2 tot 4%) uiteindelik na die kinders gaan.
 

 Ons moes besluit wat vir ons belangrik en bekostigbaar was oor die langer termyn.
‘n Finale plek.
 

Die balans van verwagtinge en bekostigbaarheid het vir ons op Bougainvilla
Aftree-oord geval.
 

1.Fasiliteite was reeds gebou en gevestig. 

2.Daar is ‘n herverkoopsheffing van 3,5% wat heffings op langtermyn subsidieer. 

3. Dis n groot oord met 536 eenhede wat toegangsbeheerkostes en ander kostes verdeel
oor ‘n groot aantal inwoners.
 

 4. ‘n Sonverhitte warmwaterstelsel wat ongeveer R250 se elektrisiteit per maand
spaar.
 

5.Beskikbaarheid
van kombuis en verpligte etes (spaar krag, tyd, aankope, skottelgoed en is
boonop gerieflik) ons neem meeste maande ‘n verdere 15 etes teen ‘n prys, wat
net ‘n Cuppuccino in ‘n goeie restaurant sou kos, en dan sluit dit nog ‘n
sap/koeldrank en koffie in.
 

6.Bespaar
nou onder andere op onderhoud en koste van eie alarmstelsel, elektriese
heinings, water- verbruik, eiendomsversekering, grassnyer en tuindienste. Dis
alles ingesluit by my heffing.
 

 7. My kommersiële TV pakket vir aftree-oorde is ongeveer R600 per maand goedkoper as
wat my privaat konneksie was en sluit steeds alle sportkanale in.
 

8. Hoofsaaklik siersteenkonstruksie wat onderhoudskoste beperk. 

9. Kan gratis al my mede-inwoners bel. 

10.Kan nou in die dag en selfs in die aande rondloop en veilig voel. 

Ons is gelukkig met ons keuse. Maar ons was gelukkig orals waar ons gebly het. Geluk
kom tog in die finale instansie van Bo en van binne. Omstandighede kan en mag dit
nie bepaal nie want dan is ongelukkigheid jou voorland.
 

   

Property Details

  • 3 Bedrooms
  • 2 Bathrooms
  • 2 Garages
  • 1 Ensuite
  • 1 Dining Area

Property Features